| |
|
Die afgelope 31 jaar al ondersteun die Infokerk-span gemeentes suksesvol in die uitvoering van hulle administratiewe verpligtinge. Sonder die genade en hulp van ons Hemelse Vader, waarvoor ons innig dankbaar is, sou ons dit nie kon doen nie.
Lees gerus hier verder en sluit aan by die familie van reeds meer as 1300 tevrede kerke wat Infokerk se produkte gebruik. Ons diens en produkte getuig van jare se ervaring in die ondersteuning en bystand van kerke, skribas en predikante om hulle werk in kerkkantore nie net makliker te maak nie, maar ook meer effektief te maak. |
|
|
| |
 |
| |
 |
| Enkele kenmerke van Winkerk 10 |
- Tweetalige program (Afrikaans en Engels).
- Ontwerp vir Windows 10 en 11, maar werk ook op Windows 8.
- Sekuriteit van data is 'n groot prioriteit.
- Toegangsbeheer van gebruikers met verskillende sekuriteitsklarings voorsien addisionele sekuriteit van die data.
- Outomatiese rugsteun van data (Sien Backup Buddy) en stoor van data op die Infokerk 'Cloud Server'.
- Winkerk 10 kan ewe goed deur klein gemeentes op lossstaande rekenaars gebruik word as deur Makrogemeentes op netwerke.
- Met die koms van Winkerk 7 in Aug 2010 het Infokerk 'n unieke konsep van Mylpale in die program bekendgestel. Die woord 'Mylpale' was nog nooit voorheen in enige gemeente program of selfs in die omgangstaal in kerke gebruik nie. Ons het 3 soorte mylpale uit bestaande data oorgeskakel na die mylpaal konsep, naamlik: Doopmylpale, Belydenisafleggingmylpale en Huweliksmylpale. Soos met die herdenking van verjaarsdae het die mylpaalkonsep dit nou ook moontlik gemaak om van die herdenking van bg. 3 mylpale te kan rekord hou.
'n Baie belangrike funksie van mylpale is dat gebruikers eie mylpale kan skep en dan ook van die herdenking daarvan kan rekord hou.
- Invoer en seleksie van alle persoonlike besonderhede van lidmate.
- Invoer en seleksie van lidmaatskap besonderhede.
- Invoer en seleksie van gesinsbesonderhede. Die konsep van gesinne is baie belangrik in gemeentes se bediening en is daarom ook 'n belangrike funksie van Winkerk 10.
- Meelewing, gawes en passies van lidmate kan aangedui word.
- Groepindelings:
• Lidmate kan aan verskillende groepe en/of subgroepe gekoppel word.
• Die rolle van lidmate in groepe kan aangedui word.
• Aansluit- en uittreedatums kan aangedui word.
- Fotos kan aan lidmate gekoppel word.
- Die program beskik oor 'n uiters kragtige seleksiefasilliteit om lidmate te kan selekteer.
- Argief funksie asook hantering van onaktiewe lidmate.
- Verskeie take kan gelyktydig met gemerkte lidmate uitgevoer word. Dit maak die opdatumbring van inligting baie maklik omdat veranderinge aan lidmate nie individueel, een vir een gedoen hoef te word nie. (Die 'Tag' funksie om lidmate te merk is reeds in 1998 met die koms van Winkerk 98 as unieke konsep in die program ingebou en is telkens met elke weergawe van Winkerk verbeter tot die kragtige funksie wat dit vandag in Winkerk 7 is.)
- Sondagskoolmodule.
- Erediensregister.
- Bateregister.
- Besluiteregister.
- Verlofregister.
- Ontwerp eie verslae met enige van 3 verskillende verslagskryfmodules.
- Uitvoer van data na verskillende formate.
- Tweerigting kommunikasie met lidmate dmv persoonlik gerigte SMS'e, ePos funksionaliteite asook kommunikasie met die Winkerk Member Mobile App. Een van die sterkpunte van die Winkerk 10 SMS'e is dat dit op baie verskillende maniere vooraf geskeduleer kan word om later afgelewer te word.
- Die werking van Winkerk 10 is geweldig gebruikersvriendelik. Alle bywerkings word op een skerm gedoen.
Sien onderstaande skerm.
|
| |
|
|
|
 |
| |
 |
Winkerk Online is die nuutste toevoeging tot die administrasie sagteware produkte van Infokerk.
Winkerk Online is die “Aanlyn” weergawe van Winkerk 7. Winkerk Online is tans slegs “Read Only” en kry sy data een maal per week d.m.v. Backup Buddy. Alle bywerkings word steeds in Winkerk 7 gedoen. Backup Buddy maak dan een maal per week 'n backup van die Winkerk 7 data en vervoer dit dan via die internet na Infokerk se “Cloud Server”. Winkerk Online sal mettertyd uitgebrei word, om ook wysiginge op die data te kan aanbring. |
| |
|
|
| |
 |
| |
 |
| |
 |
....kan u gemeente op koers plaas !!
Finkerk is 'n volledige boekhouprogram wat spesifiek ontwikkel is om die finansiële behoeftes van kerke te akkommodeer. |
| |
 |
- Gebruikersvriendelik en baie maklik om te gebruik.
- Hierdie stelsel is spesifiek ontwerp vir die kerk se behoeftes.
- Gemaklike invoer van begrotings.
- Eenvoudige postering van transaksies.
- Baie maklike bankrekonsiliasie module.
- Herhalende transaksies word gemaklik in bondels gestoor vir latere gebruik.
- Alle verslae kan eers in 'n voorskou op die skerm vertoon word alvorens dit na die drukker gedruk word.
- Verslae word via Windows se "Print Manager" gedruk wat beteken dat daar geen probleme met drukstukke ervaar word nie. Drukspesifikasies word dus in Windows verstel en nie in die program nie.
- Verslae kan per lidmaat of per wyk gedruk word.
- Statistiek wat onder andere insluit, die aantal bydrapunte per wyk in vergelyking met die werklike aantal wat per wyk bygedra het, kan maklik gedruk word.
- Verslae van lidmate wat nie bygedra het, kan baie maklik uitgedruk word.
- Lidmate se beloofde bydraes teenoor hulle werklike bydraes kan gedruk word.
- Stelsel is ten volle ouditbaar en word deur ouditeure aanvaar.
- Transaksies kan ook uitgevoer word na Excel vir addisionele manipulasie van inligting. Ouditeure kan ook die inligting gebruik om hulle state mee op te stel.
- Finkerk integreer naatloos met Winkerk 7 wat beteken dat lidmaatbesonderhede word slegs in Winkerk 7 ingevoer en is dan tot beskikking vir Finkerk.
- Debietorders van lidmate word ook uitmuntend hanteer deur gebruikmaking van die bondelopsies en daar is ook 'n direkte koppelvlak met ABSA se Business Integrator program.
|
| |
|
|
| |
 |
| |
 |
| |
Hierdie is die KALENDERPROGRAM waarvoor u al baie lank wag !!!. Met hierdie program sou u jaarliks geweldig baie kan spaar op drukkoste vir u gemeentekalender. U gaan ook baie tyd spaar om die kalender opgestel te kry. U kan bv. aandui dat u elke Sondag om 09h00 'n erediens in die kalender wil plaas. U tik dit slegs een keer in en die program sal dan outomaties die inskrywing vir u doen vir elke Sondag. Met Calendar kan u self 'n professionele kalender uitdruk en net so aan lidmate versprei. Calendar kan ook aangewend word om vir verskillende amptenare bv. die Koster, Orrelis, Saakgelastigde of Leraar(s) elkeen 'n skedule vir 'n maand, kwartaal of jaar ens. mee op te stel. Hierdie kalenders kan apart uitgedruk word, of dit kan saamgevoeg word en in een
gesamentlike kalender uitgedruk word. |
| |
|
|
| |
 |
| |
| |
 |
| |
 |
| |
| ••• Enkele kenmerke van Backup Buddy vir Finkerk ••• |
- Backup Buddy maak outomaties 1 maal per week 'n rugsteun van die Finkerk data, sonder dat die gebruiker iets hoef te doen.
- Die program vervoer dan die rugsteun na Infokerk se 'Cloud Server' sodra die rekenaar aanlyn is.
- Die program kan enige tyd 'gevra' word om 'n rugsteun te maak, indien nodig.
- Daar word drie weke se rugsteune gestoor.
- Die program kan 'n maksimum van drie datalêers stoor.
Gebruikers kan self kies watter 3 lêers wil hulle hê moet Backup Buddy rugsteun.
|
| |
|
|
| |
 |
| |
| |
 |
| |
 |
Academix is moontlik die oplossing waarna u al vir 'n lang tyd soek, aangesien dit 'n opvoedkundige program is wat op 'n dinamiese wyse akademiese vordering in al hulle vakke by leerlinge kan bewerkstellig. |
| |
Academix is ontwikkel deur Info Edu in samewerking met persone uit 'n wye reeks van dissiplines soos bv. die sielkunde, opvoedkunde, arbeidsterapie asook oogkundiges. |
| |
| Kenmerke wat Academix uniek maak is: |
- Program waaroor onderwyser of ouer volledig beheer het.
- Eie keuse van lettertipes en grootte o.a. die Afrikaanse Graad 1 skrif.
- Woordeskat en Spelling asook die omskrywings van belangrike woorde.
- Nege verskillende leestegnieke insluitende 'n leesspoedtoets.
- Basiese taal en grammatika oefeninge bv. meervoude, verkleinwoorde, sinonieme en antonieme.
- Insleutel van eie lesmateriaal deur kreatiewe ouer of onderwyser.
- Verskeidenheid van visuele persepsie oefeninge met vorms, prente, kleure, letters en syfers.
- Verryk die knap leerder en ondersteun die onderpresteerder.
- Vorderingsverslae of grafieke van vordering is beskikbaar.
- Oefeninge om oogspanwydte te optimaliseer.
- Program is ten volle tweetalig en bevat 180 Afrikaanse en 180 Engelse leeslesse, (Laerskool) asook 100 Afrikaanse en 100 Engelse lesse vir die Hoërskool. Elke les het spelwoorde, begripstoetsvrae asook woordspeletjies met die belangrike woorde uit die les.
- Daar is 'n verskeidenheid van woordspeletjies asook ander speletjies vir visuele persepsie asook geheue en konsentrasie speletjies.
- Die Hoërskoolë module bevat ook heelwat grammatikale oefeninge.
|
| |
|
|
| |
|
|
|