Winkerk Member Mobile App
Enkele kenmerke van die Winkerk Member Mobile App.
- Die App is ten volle POPI aanpasbaar en lidmate moet op die App hulle toestemming gee dat die gemeente hulle data mag versamel en verwerk.
- Die App is ten volle tweetalig, nl. (Afrikaans en Engels).
- Die App is beskikbaar vir Android sowel as Apple selfone en word van die Google Playstore of die Apple store afgelaai.
- Die App word gratis deur lidmate afgelaai en gebruik.
- Alle opgraderings op die App is ook gratis.
Waarom behoort u gemeente die App te gebruik?
Die App bevat unieke funksies wat geen ander vorm van kommunikasie, soos bv. SMS'e, e-Posse of selfs WhatsApp kan doen nie.
- Lidmate kan hulle eie inligting wat in die gemeente se Winkerk 10 oor hulle geberg word, sien en selfs versoek om veranderinge daarop aan te bring.
- Dit is 100% in lyn met Artikel 23(1) van die POPI wet.
- Sodanige versoeke kom as data verandering versoeke in die gemeente se Winkerk 10 in, en moet in Winkerk 10 afgekeur of goedgekeur word.
- Ons weet almal dat die opdatum hou van databasisse een van die grootste en moeilikste take van die kerkkantoor is, en deur lidmate in die
App die geleentheid te gee om hulle data na te gaan en veranderinge aan te bring, word die taak van die kerkkantoor aansienlik makliker.
- Indien 'n lidmaat 'n gesinshoof is, kan die gesinshoof die hele gesin se inligting sien en opdateer.
- Die App kan ook alle "Nuwe Intrekker" vorms vervang.
- Nuwe Intrekkers download die App, en voltooi hulle basiese besonderhede op die App.
- Die gemeente ontvang in hulle Winkerk die nuwe lidmaat versoek, en wanneer die versoek goedgekeur word in Winkerk gebeur daar 2 goed:
- Die lidmaat ontvang 'n epos dat hy / sy goedgekeur om die App te mag gebruik en
- Die lidmaat inligting word outomaties in Winkerk ingeskryf sonder dat die Winkerk gebruiker iets hoef oor te tik.
- Lidmate kan aan verskillende groepe en/of subgroepe gekoppel word.
- Die rolle van lidmate in groepe kan aangedui word.
- Groepleiers van groepe kan ook groeplede se regte op die groep in hulle App beheer.
- Groepleiers kan met groeplede kommunikeer vanaf hulle App. Groeplede kry dan almal onmiddellik die boodskap en indien die groepleier aan
lidmate die reg toegeken het om boodskappe te kan tik, kan hulle ook boodskappe tik wat na alle groeplede toe deurgaan op hulle Apps.
- Lidmate kan ook op die App sien watter groepe daar in die gemeente is en ook watter kenmerke die groep het asook wie die Groepleier is.
- Lidmate kan dan op die App versoek om aan te sluit by die groep.
- Die Groepleier ontvang die versoek op sy/haar App en kan dan die lidmaat se versoek goedkeur of afkeur.
- Indien die Groepleier die versoek goedgekeur het, is die lidmaat dan outomaties deel van die groep en word die groep binne in Winkerk ook
outomaties opgedateer met die nuwe groeplid se inligting.
- Die App funksioneer as 'n besprekings module van gebeurtenisse.
- Winkerk 10 beskik oor 'n kragtige kalender module waar die hele gemeente se kalender volledig in opgestel kan word.
- Die kalender se inligting trek outomaties na die kalender funksie van die App.
- Die Kalender op die App is ten volle interaktief.
- Lidmate kan die gebeutenisse sien op die kalender in hulle App en kan ook op enige gebeurtenis druk en versoek om die gebeurtenis by te woon.
- Indien dit 'n gebeutenis is waarvoor lidmate moet betaal om dit by te woon, sal hulle ook binnekort op die App kan betaal en die geld word dadelik
van hulle kredietkaarte verhaal en in die gemeente se rekening inbetaal.
- Versoeke van lidmate om gebeurtenisse by te woon word outomaties deurgestuur na die Kalender module van Winkerk om die besprekingsproses
af te handel.
- Gesinshoofde kan ook namens gesinslede versoek om gebeurtenisse by te woon, so bv. kan 'n gesinshoof sy/haar kind registreer vir die Sondagskool.