Welkom by Infokerk Rekenaar Konsultante BK.

Informasietegnologie vir kerke.


Infokerk - Die Maatskappy.

Infokerk is gestig in 1993 met die uitsluitlike doel om diens aan kerke te lewer. Ons dienslewering bestaan hoofsaaklik uit:

Ontwikkeling van sagteware vir kerke en predikante.

Infokerk se heel eerste gemeente administrasieprogram was nog in DOS geskryf en was op 2 x 360kB "floppies" aan gemeentes voorsien. Later is die program oorgeskryf om in die Windows omgewing te werk en het die eerste Windows program onders Windows 3.1 gewerk.

Die nuutste weergawe van Winkerk is ontwerp vir Windows 11.

Winkerk Online kan egter op enige platvorm werk, van Windows rekenaars, Apple rekenaars en selfs tablette en selfone met die Android bedryfstelsels.

Telefoniese ondersteuning en opleiding.

Dit is baie eenvoudig om sagteware te ontwikkel, dit aan verbruikers te verkoop en dan van hulle te vergeet sodat hulle maar moet sien kom klaar en op hulle eie aan te sukkel met die sagteware.

Infokerk se uitgangspunt is egter totaal anders. Ons wil graag sien dat ons kliënte nie alleen ons sagteware bekom nie, maar te alle tye ten volle toegerus is om ons sagteware optimaal te benut en daarom is opleiding en telefoniese ondersteuning 'n integrale deel van ons dienslewering aan ons kliënte.