Finkerk 3
Laai Finkerk 3 hier af
Enkele kenmerke van Finkerk 3.
- Gebruikersvriendelik en baie maklik om te gebruik.
- Tweetalige program (Afrikaans en Engels).
- Hierdie stelsel is spesifiek ontwerp vir die kerk se behoeftes.
- Eenvoudige postering van transaksies.
- Gemaklike invoer van begrotings.
- Toegangsbeheer van gebruikers met verskillende sekuriteitsklarings voorsien addisionele sekuriteit van die data.
- Outomatiese rugsteun van data (Sien Backup Buddy) en stoor van data op die Infokerk 'Cloud Server'.
- Baie maklike bankrekonsiliasie module.
- Herhalende transaksies word gemaklik in bondels gestoor vir latere gebruik.
- Alle rekenkundige veslae soos bv. Proefbalans, Balanstaat, Inkomste- en Uitgawestaat asook verskeie begrotingsverslae kan gedruk word.
- Alle verslae kan eers in 'n voorskou op die skerm vertoon word alvorens dit na die drukker gedruk word.
- Verslae kan per lidmaat of per wyk gedruk word.
- Statistiek wat onder andere insluit, die aantal bydrapunte per wyk in vergelyking met die werklike aantal wat per wyk bygedra het, kan maklik gedruk word.
- Verslae van lidmate wat nie 'n bygedra het, kan baie maklik uitgedruk word.
- Hanteer koevertbydraes met groot gemak.
- Lidmate se beloofde bydraes teenoor hulle werklike bydraes kan gedruk word.
- Stelsel is ten volle ouditbaar en word deur ouditeure aanvaar.
- Transaksies kan ook uitgevoer word na Excel vir addisionele manipulasie van inligting.
- Ouditeure kan ook die inligting gebruik om hulle state mee op te stel.
- Finkerk integreer naatloos met Winkerk 7 wat beteken dat lidmaatbesonderhede word slegs in Winkerk 7 ingevoer en is dan tot beskikking vir Finkerk.
- Debietorders van lidmate word ook uitmuntend hanteer deur gebruikmaking van die bondelopsies en daar is ook 'n direkte koppelvlak met ABSA se Business Integrator program.