Backup Buddy vir Winkerk


Installering van Backup Buddy

Infokerk beveel baie sterk aan dat IT personeel nie moet probeer om Backup Buddy te installeer nie, aangesien ons eers 'n aantal verstellings op die Winkerk Online server moet aanbring vir Backup Buddy om te werk. Kontak gerus vir Jan of Jandri in ons Gauteng kantoor.

Enkele Kenmerke van Backup Buddy

  1. Backup Buddy maak outomaties 1 maal per week 'n rugsteun van die Winkerk data, sonder dat die gebruiker iets hoef te doen.
  2. Die program vervoer dan die rugsteun na Infokerk se 'Cloud Server' sodra die rekenaar aanlyn is.
  3. Wanneer die data Infokerk se 'Cloud Server' bereik, word dit veilig gestoor en ook saamgevoeg in die sentrale data.
  4. Vir interne gebruik deur die gemeente self, word die data ook op die hardeskyf gestoor, sonder enige "enkripsie".
  5. Voor die data egter opgelaai word na die internet, word dit "ge-enkripteer" en dan opgelaai.
  6. Daar word altyd drie weke se kopieƫ gestoor. Dit beteken dat in week 4 sal week 1 se data verwyder word.
  7. Sodra die data veilig op die 'Cloud Server' aangekom het, word daar ook 'n e-pos aan die gemeente gestuur om die aankoms te bevestig. Gemeentes moet asb seker maak dat hulle wel weekliks die e-pos ontvang.