Backup Buddy vir Finkerk


Installering van Backup Buddy

Infokerk beveel baie sterk aan dat IT personeel nie moet probeer om Backup Buddy te installeer nie, aangesien ons eers 'n aantal verstellings op die Winkerk Online server moet aanbring vir Backup Buddy om te werk. Kontak gerus vir Jan of Jandri in ons Gauteng kantoor.

Enkele Kenmerke van Backup Buddy

  1. Backup Buddy maak outomaties 1 maal per week 'n rugsteun van die Finkerk data, sonder dat die gebruiker iets hoef te doen.
  2. Die outomatiese weeklikse rugsteun van die Finkerk Backup Buddy werk egter effens anders as die van Winkerk. Indien daar bv. glad nie op Finkerk gewerk word vir bv. 3 weke nie, sal daar nie 'n backup gemaak word nie, totdat daar weer 'n verandering op die data plaasvind.
  3. Die program vervoer dan die rugsteun na Infokerk se 'Cloud Server' sodra die rekenaar aanlyn is.
  4. Vir interne gebruik deur die gemeente self, word die data ook op die hardeskyf gestoor, sonder enige "enkripsie".
  5. Voor die data egter opgelaai word na die internet, word dit "ge-enkripteer" en dan opgelaai.
  6. Daar word altyd drie weke se kopieë gestoor. Dit beteken dat in week 4 sal week 1 se data verwyder word.
  7. Die program kan 'n maksimum van drie datalêers stoor.
  8. Gebruikers kan self kies watter 3 lêers wil hulle hê moet Backup Buddy rugsteun.
  9. Indien 'n gemeente bv. 3 stelle boeke het, bv. vir die gemeente en vir die vrouediens en ook die jeug apart, kan al drie gekies word, en sal daar dan ook drie weke se rugsteun kopieë van elke stel geberg word.